KWAZULU-NATAL. – Altesaam 10 persone, meestal kinders is vanoggend net na 7:30 in ‘n botsing tussen ses voertuie op die Durantapad na die opit op die M4 suidelike snelweg beseer.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms is chaos aangetref, aangesien twee van die ses voertuie, wat van agter in mekaar vasgery het, minibustaxi’s was. Een van die taxi’s het skoolkinders vervoer.
‘n Triage-sisteem is opgestel, waarna meer ambulanse met gevorderde lewensondersteunende paramedici vir hulp op die toneel aangekom het.
Altesaam 10 beseerdes, die meeste kinders tussen agt en 10 jaar, is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese hulp na verskeie Durban-hospitale vervoer is.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel