Springbok-trofeebus ry in heining vas

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nandipha Magudumana se borgtogappèl van die hand gewys

NOORDOOS-KAAP. – Die Springbok-trofeebus was Maandag in ’n ongeluk betrokke.

Die bus was op pad van Oos-Londen na Johannesburg toe die remme blykbaar onklaar geraak het en in die heining van Vida Jordaan (74) van Aliwal-Noord vasgery het.

Daar was geen passasiers op die bus nie en niemand is in die ongeluk beseer nie.

Die bus het die Springbok-spelers en die Wêreldbekertrofee op ‘n segetog deur die land vervoer.

Bronne: Jacaranda FM, News24, Sport Now

Lees ook: Nandipha Magudumana se borgtogappèl van die hand gewys