Nandipha Magudumana se borgtogappèl van die hand gewys

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nandipha Magudumana kan appelleer teen repatriasie

BLOEMFONTEIN. – Nandipha Magudumana se appèl vir borgtog is in die Bloemfonteinse hooggeregshof van die hand gewys.

Magudumana se borgaansoek is in September geweier na die hof bevind het sy sal moontlik vlug,dat sy weet hoe om die land te verlaat en dat sy die hulpbronne het om dit te doen. Daar is ook gesê sy het die hulpbronne om Thabo Bester weer te help ontsnap as sy vrygelaat sou word.

Thabo Bester, die Facebook-verkragter en moordenaar, het in 2022 met Magudumana se hulp uit die Mangaung-gevangenis ontsnap na hy sy dood vervals het.

Bronne: IOL, OFM, The Citizen

Lees ook: Nandipha Magudumana kan appelleer teen repatriasie