VRYSTAAT. – Vyf gesoekte transitorowers, glo onderweg om ‘n rooftog in KwaZulu-Natal te pleeg, is Dinsdag na ‘n oor-en-weer-skietery met die polisie op Vrede in hegtenis geneem.
Brig. Athlenda Mathe sê die vyf was swaar gewapen en onderweg toe polisielede inligting opvolg en die skietery plaasgevind het.
‘n Sekuriteitswag (40) het gesterf, toe die beweerde misdadigers, wat met ‘n Dodge-sedan gery het, begin skiet het. Die Dodge, wat tydens ‘n kaping in Wierdabrug, in Centurion, Gauteng geroof is, het gerol. Twee van die verdagtes wat beseer is, is in hegtenis geneem. Polisielede het ‘n AK47 en ‘n R5-geweer met meer a 240 hoë kaliber rondtes op die toneel gevind.
Nog drie ander verdagtes is op Memela, ongeveer 52 km van Vrede, onderskep en in hegtenis geneem. Op hierdie toneel is twee Mercedes-Benz-voertuie deur die verdagtes gebruik, waarvan een as gesteel aangemeld is.
Genl. Fannie Masemola het lede vir die suksesse geprys.
“Our members are on high alert to prevent and combat incidents of serious and violent crime especially aggravated robberies. We will continue to trace these wanted criminals, it’s them and us and this is a fight we are not willing to lose. We have heightened our operations and are intensifying them throughout the country”, sê genl. Masemola.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



