Tragedie afgeweer toe kleuter uit swembad gered word

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Kleuterseun (3) is gistermiddag van die bodem van ‘n swembad op Heidelberg gered.

Heidelberg Volunteer Medics and First Responders sê verskeie dringende oproepe oor die gebeure is ontvang.

In wat as ‘n kettingreaksie beskryf word, het die pa van die kleuterseun saam met bure KPR begin toepas, waarna ‘n helikopter presies ‘n uur later geland het om die kleinding na ‘n mediese fasiliteit te vervoer.

Die kleuterseun is met ‘n ventilator in die New Alberton-hospitaal in die intensiewesorgeenheid opgeneem.

“We are incredibly privileged to have such phenomenal professionals right at our fingertips. Netcare911”

Bron: Heidelberg Volunteer Medics and First Responders

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel