Sekuriteitswag doodgeskiet wat glo kollega vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Een van Saselamani-gevangenes weer in hegtenis geneem

LIMPOPO.- ’n Man (66) sal na verwagting binnekort in die Moutse-landdroshof verskyn vir die moord op ’n sekuriteitswag.

Die man het glo die sekuriteitswag doodgeskiet na die wag glo die man se buurman Saterdagaand doodgemaak het.

Die polisiewoordvoerder het gesê Chris Mahlangu (29), die sekuriteitswag, het ’n vuurwapen by die werk gevat en na sy kollega, Mpho Mothoveni (40) se huis gegaan. Mahlangu is deur sy kollega se vrou voorgekeer, wat hy met die vuurwapen gedreig het. Sy het vir hom gesê haar man is by ’n troue en hy het geloop.

Die vrou het na haar buurman gegaan vir hulp en dié het sy vuurwapen gevat en die sekuriteitswag agtervolg. Mahlangu het Mothoveni glo in die straat doodgeskiet en toe skiet die buurman Mahlangu.

Die buurman is in hegtenis geneem. Die polisie ondersoek twee sake van moord.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, TimesLIVE

Lees ook: Een van Saselamani-gevangenes weer in hegtenis geneem