Matrikulante studeer nou tydens beurtkrag by lig in die skool

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Plasing van Hoërskool S.A. Van Wyk van matrikulante wat in die donker in klaskamers sit en leer, is onlangs op sosiale media gedeel. Misnoeë oor hul omstandighede is uitgespreek.

Primêre Skool Dr. Izak van Niekerk het na die betrokke skool se matrikulante uitgereik en 15 stelle herlaaibare ligte geskenk waarby die matrieks tydens beurtkrag kan leer.

Lees Margeret Cloete se plasing hier onder:

“So studeer my skool se matrieks met hul selfoonliggies…Bleddie skande.Ja ons slaap by die skool want dis beter hier as in die omgewing….en ja ons eet droë brood en swart koffie…en ja ons het nie generators soos Ryk skole en ja ek is die Hell in kwaad.”

Hoërskool S.A. Van Wyk het nadat hulle die ligte ontvang het die volgende bedanking gedeel:

n Hartlike dankie aan Dr Izak Van Niekerk Primêre Skool

Ons is verheug om ons innige dankbaarheid uit te spreek vir die ruim skenking van herlaaibare lanterns aan ons graad 12-leerders by S.A. Van Wyk. U daad van vriendelikheid het ‘n groot impak op ons leerders, veral tydens beurtkrag.

Hierdie lanterns sal nie net hul studiesessies ophelder nie, maar ook hul harte vul met hoop en motivering. U ondersteuning is ‘n blink voorbeeld van ons gemeenskap se eenheid en sorg.

Ons sien uit na toekomstige samewerking met Dr. Izak van Niekerk en ons is baie dankbaar vir u ruim bydrae. Saam “verlig” ons ons leerders se toekoms!

Met opregte dank,

S.A. Van Wyk Personeel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel