Lees ook: Zandile Mafe weer in die hof
SASELAMANI, LIMPOPO. – Drie gevangenes het gister “deur die dak” van die polisiestasie ontsnap.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder was polisiebeamptes gisteroggend aan diens en besig om te patrolleer toe hulle “ongewone geluide” vanuit die selle gehoor het. Toe hulle gaan kyk wat aangaan, het hulle ontdek drie van die gevangenes het deur die dak ontsnap.
Die omstandighede van die ontsnapping word ondersoek.
Die drie mans wat ontsnap het, is: Mikateko Ronald Chauke (33), in hegtenis vir inbraak, Jimmy Matirele (32), in hegtenis vir inbraak en Dumisani Respect Chauke (32), in hegtenis op twee aanklagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die polisie het gevra enigiemand met inligting moet hulle kontak by 086 001 0111. ‘n Soektog is van stapel gestuur om die gevangenes te soek.



Bronne: IOL, Jacaranda FM, The Citizen
Lees ook: Zandile Mafe weer in die hof



