Zandile Mafe weer in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Saak teen Zandile Mafe uitgestel

WES-KAAP. –  Zandile Mafe sal vandag na verwagting terug wees in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Sy bevoegdheid om verhoor te word, sal oor twee dae vasgestel word. Mafe is vir twee psigiatriese assesserings gestuur waartydens bevind is hy is onbevoeg om verhoor te word. Hy het egter albei die assesserings teengestaan.

Mafe word daarvan beskuldig dat hy die parlementsgebou in Januarie 2022 aan die brand gesteek het. Hy word aangekla van brandstigting en terrorisme. Mafe het voorheen erken hy het die brand begin.

Bronne: EWN, eNCA, News365

Lees ook: Saak teen Zandile Mafe uitgestel