Mans in hegtenis wat hulle glo as polisiebeamptes voordoen

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man in hegtenis wat glo sy vrou op Vrystaatse plaas doodslaan

GAUTENG. – Drie mans wat hulle glo as polisiebeamptes voorgedoen het, is verlede week in Lyttelton in hegtenis geneem.

Die drie mans is aangekla van roof en die voordoen as polisiebeamptes. ‘n Polisiewoordvoerder het gesê die mans het naby hul slagoffers stilgehou en gesê hulle werk aan ’n saak en het daarom hul selfone vir inligting nodig.

Hulle het die selfone in koeverte gesit en ’n koevert met ’n vals foon in teruggegee wat die slagoffers oopgemaak het toe die rowers hulle uit die voete gemaak het.

Die verdagtes is in hegtenis geneem toe patrollielede hulle voertuig opgemerk het. Die drie mans is al voorheen vir soortgelyke misdrywe in hegtenis geneem.

Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Bronne: IOL, The Citizen, VN Explorer

Lees ook: Man in hegtenis wat glo sy vrou op Vrystaatse plaas doodslaan