Die Springbokke, Rugby-wêreldkampioene wat vir die vierde keer die Web-Ellis trofee ingepalm het, het ‘n rukkie gelede op die OR Tambo- internasionale lughawe in Kemptonpark in ‘n nat Gauteng aangekom.
Groot opgewondenheid heers steeds op die stampvol lughawe waar al die vlakke vol ondersteuners is. Selfs die parkeerareas is met ondersteuners gepak, elkeen daar om ‘n rugbyheld te sien en terug te verwelkom. Foto’s, lewendige stroming en video’s is wyd en syd op sosiale media gedeel.
Die SAPD het saam met die Springbokke beweeg. Die opgewonde skare is ‘n paar keer vermaan om nie te beur en die kinders aan die voorkant vas te druk nie.
Bronne: Soos per video’s en foto’s in die berig aangedui: Supersport Rugby met vergunning van eNCA, OR Tambo- internasionale lughawe, South African Government, Netconfig.co.za, Topzin Roy Roy Matopana, Lebohang Mofokeng en Lizette van Tonder
Netconfig.co.za se lewendige stroming kan by die onderste skakel gevolg word:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel