Derde lewenslange vonnis binne ‘n week vir kinderverkragters

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Vir die derde keer binne ‘n week is lewenslange vonnisse vir kinderverwante seksuele misdade aan kinderverkragters in SA se howe opgelê.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die Wes-Kaap, sê dit is is die vyfde gevonnisde saak van seksuele misdade teen kinders vir Oktober. Van die drie lewenslange vonnisse wat in minder as ‘n week opgelê is, was twee deur die Kaapse streekhof.

In die jongste saak is die beskuldigde die maat van die slagoffer se oppasser. Sy naam word weerhou om die slagoffer van sekondêre viktimisasie te beskerm.

Die beskuldigde, ‘n man (69) van Du Noon, is vir die voorbereiding en herhaalde verkragting van ‘n minderjarige oor ‘n tydperk van nege jaar lewenslank tronk toe gestuur. Hy is ses jaar gevonnis vir seksuele voorbereiding en lewelslank vir verkragting, waarvan die vonnisse tegelyk uitgedien moet word.

Ruwayda Badrudeen, die aanklaer vir die seksuele misdade, het aan die hof vertel die beskuldigde was van 2012 tot 2014 met die kind se oppasser in ‘n verhouding betrokke. In hierdie tyd sou die slagoffer by die beskuldigde en die oppasser se huis oorslaap. Die beskuldigde was ook na aan die familie van die slagoffer en ‘n mede-kerkganger.

Die slagoffer is deur die beskuldigde verkrag vandat sy vyf jaar oud was totdat sy 12 was. Hy het haar voorberei deur vir haar geld vir skool te gee, vir haar kos te gee, data te koop en het haar toegelaat om DSTV te kyk. Hy het haar seksueel mishandel terwyl sy televisie gekyk het.

Badrudeen het die hof meegedeel die beskuldigde is boonop nie ‘n eerste oortreder nie. Hy het voorheen vir seksuele aanranding wat in Maart 2016 gebeur het, vyf jaar direkte gevangenisstraf gekry wat in geheel vir vyf jaar opgeskort was. Die gevonnisde het met sy misdaadstreke aangehou totdat hy weer in 2020 in hegtenis geneem is.

Babalwa Hlatana het in die slagofferimpakverklaring wat voorberei is gesê die slagoffer het ‘n swak selfbeeld en was bang vir die beskuldigde wat kort van draad en gewild was en boonop geld gehad het. Sy was bang dat sy nie geglo sou word nie as sy die vekragtings sou aanmeld.

“She said she used to watch a TV program on virginity but after her rapes, she hated herself and her body as she felt she was no longer like the girls who were shown on the TV show. She felt his abuse as he initially acted like a parent but was abusing her. She said the only thing that helped her to move forward was because she didn’t hold any grudges against him. She wanted to find peace.”

Die slagoffer is deur haar werklose tannie grootgemaak en sy bly steeds saam met die tannie en haar werklose sibbe. Omdat sy belangstelling in studies toon en haar situasie so benard is, het personeellede van die Kaapstad-hof vir haar ‘n skooluniform, skooltas en skryfbehoeftes gekoop.

Landdros Graf het tydens vonnisoplegging gesê dit is jammer die 2016-vonnis van die beskuldigde het hom nie gekeer om weer misdaad te pleeg nie.

“The mitigating factors are far outweighed by the aggravating factors. There were no compelling or substantial circumstances that justify deviation from the prescribed minimum sentence in respect of the rape. It simply cannot be said that the prescribed sentence of life imprisonment will be disproportionate to the crime or that an injustice will be done by imposing the sentence.”

Adv. Nicolette Bell, die direkteur vir openbare vervolging in die Wes-Kaap, het die vonnis verwelkom.

Die man se naam word in die nasionale register vir seksuele misdadigers aangebring. Hy mag nie met kinders werk nie en is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. ‘n Soek- en-beslagleggingsbevel is uitgereik vir wapens en ammunisie wat hy in sy huis mag hê.

Gedurende Oktober is ook twee sake van vrouemoord in die hof gefinaliseer waartydens die beskuldigde lewenslank en tot 23 jaar direkte tronkstraf gevonnis is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel