VRYSTAAT. – ‘n Voorval wat by Woelwaters-dagsorgsentrum plaasgevind en op video vasgevang is, word deur die polisie ondersoek.
In die video wat in FiND iT se besit is, kan gehoor word hoe ‘n persoon (naam aan FI bekend) ‘n kleuter genaamd Jonathan gebied om te eet. Die kind is duidelik ontsteld en naar, waarna die persoon die kos doodeenvoudig in die kind se mond forseer om te eet, terwyl hy huil. Wanneer hy wil opgooi, druk sy sy mond toe. Terwyl sy haar hand voor sy mond hou, word sy kop agteroor gedruk terwyl sy sê hy sal niks oorkom nie. Sy sê sy sal nie toelaat dat iets met hom gebeur nie.
“Hierdie juffrou kan CPR doen, ek sal jou CPR maar jou kos gaan jy eet vandag.”
‘n Ander persoon wat in die video praat, is duidelik bekommerd, maar die vrou is vasberade die kind sál eet.
Kapt. Loraine Earle sê die polisie ondersoek ‘n saak van aanranding wat onder die polisie se aandag gebring is.
Die dossier sal voltooi word, waarna dit vir besluitneming na die departement van openbare vervolging gestuur sal word.
Die polisie versoek die gemeenskap om nie wet in eie hande te neem nie en hulle toe te laat om die voorval te ondersoek.
Die video is deur @nats_stopit-ek_like_it (@cvb09fox) op TikTok gedeel.
FiND iT het die vrou in die video gebel en ‘n WhatsApp gestuur, maar kon geen kommentaar kry nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



