Polisielede in bende-‘hotspots’ ontplooi

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Polisielede het Vrydag opdragte vir dienslewering aan die gemeenskap in bendegeteisterde hotspots ontvang voordat hulle ontplooi is.

AO Joseph Swartbooi sê die lede is volgens annalise van misdaadtendense in die gebiede wat as bende-hotspots bekend is, ontplooi.

Maj.genl. Mpumelelo Manci se opdragte was duidelik oor die polisie se mandaat om diegene wat teenstrydig met die wet optree in hegtenis te neem. Hy het lede gemaan om volgens die wet op te tree.

Swartbooi sê Manci was duidelik toe hy gesê het misdadigers moet aanhoudend polisie in hul spasie sien wat hulle nie sal toelaat om misdade te pleeg nie.

“He encouraged the members to make their presence felt wherever they are deployed.”

Manci het opdragte vir diens aan die lede afgesluit met: “Let us go and serve our community, they depend on us.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel