“Vandag is die laaste dag van opname by 7de Laan. Dit was vir ons ‘n voorreg om Suid-Afrika en nog meer met ons talent en stories te kon dien. Hou vas aan jou sitplek, want die einde is die moeite werd om te kyk! Dankie, Suid-Afrika.”
Die gewilde sepie van die afgelope 23 jaar wat in baie Suid-Afrikaanse sitkamers gekuier en huishoudings tot stilstand gebring het, is gister die heel laaste keer opgeneem. Emosiebelaaide foto’s en video’s is gedeel.
Episodes sal nog tot 26 Desember uitgesaai word.
#7delaan#season24#23years#farewell
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



