Beide ouers deur gru-ongeluk geeïs

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing! Foto in berig kan sensitiewe lesers ontstel!

VRYSTAAT. – Rian Engelbrecht en Nienke Engelbrecht (37) het Woensdagaand omstreeks 22:45 in ‘n gru-motorongeluk op die pad tussen Odendaalsrus en Welkom gesterf.

Kapt. Stephen Thakeng sê ‘n sedan het ‘n rondloperdier getref, waarna die bestuurder glo beheer verloor en reg voor ‘n aankomende vragmotor beland het. Die voertuig het onder die vragmotor vasgesit en aan die brand geslaan.

Die bestuurder van die vragmotor kon betyds uitspring.

‘n Saak van strafbare manslag word deur die Odendaalsrus-polisie ondersoek.

Die Engelbrechts laat drie seuns agter.

Foto: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel