Vyf mans van Inanda ‘laksmanstyl’ geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Die vyf mans wat Woensdag in Langalibalele, Inanda geskiet is, is glo laksmanstyl om die lewe gebring. FiND iT het vroeër hieroor berig.

Reaction Unit South Africa sê die oorledenes was tussen die ouderdomme van 26 en 35 jaar oud.

Inwoners het na bewering omstreeks 23:32 skote vanaf die betrokke huis waar die mans later met verskeie skietwonde dood gevind is, gehoor. Reaction Unit South Africa is daarna gekontak. ‘n Inwoner het ‘n liggingaanwysing per WhatApp na die toneel verskaf.

Met aankoms op die toneel was die Inanda-polisie teenwoordig.

Volgens Reaction Unit South Africa is die vyf mans glo in die kop geskiet. Twee van die mans se liggame was onder ‘n bed, een in die kombuis en twee in ‘n toilet, gevind. ‘n Vrou wat ongeveer 30 meter van die huis bly, is glo ook in die arm geskiet.

“It is believed that the gunmen proceeded to her residence first and shot her before attacking the deceased men.”

Die verdagtes het glo met ‘n wit Toyota Quantum gery waarvan die registrasienommer onbekend is.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

KWAZULU-NATAL. – Die liggame van vyf mans is Woensdagaand omstreeks 21:30 doodgeskiet in ‘n HOP-huis in die Tambo Plaza-area in Amaoti gevind.

Brig. Jay Naicker sê die Inanda-polisie het inligting van ‘n skietvoorval ontvang. By die huis is die oorledenes met verskeie skietwonde aangetref.

Naicker sê al die oorledenes is vermoedelik in hul 20’s. Die polisie kon vasstel hulle was ten tyde van die skietvoorval in die huis waar hulle deur onbekende verdagtes geskiet is wat daarna in ‘n wegkommotor gevlug het.

‘n Sesde slagoffer wat in die hand geskiet is, is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Volgens inligting wat deur die polisie ingesamel is, kan die motief moontlik dwelmverwant wees.

‘n Provinsiale taakspan het die misdaadtoneel vir leidrade en inligting geprosesseer en sal die ondersoek na die moorde behartig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel