WES-KAAP. – Ivakele Imvano Yeko (15 mnde.) van Somerset-Wes is sedert 5 Desember 2022 omstreeks 13:00 vermis. Die polisie bied ‘n kontantbeloning aan vir inligting wat tot die veilige terugkeer van die kleinding sal lei.
AO Joseph Swartbooi sê volgens inligting het die kleuter se versorger hom en sy sussie (5) by die Sassa- kantoor, oorkant Ultra Liquor Store in Somerset-Wes aan ‘n onbekende vrou oorhandig.
Die onbekende vrou het die versorger gerusgestel deur met haar vriende te maak en aan te bied om kos en skyfies te koop. Hierna is die vrou met die kinders vort.
Die vyfjarige is later in Hoofweg in Nomzamo afgelaai, waarna sy huis toe gestap het. Sy was vir ‘n mediese ondersoek geneem en was in goeie gesondheid.
Ivakele was in ‘n rooi T-hemp en ‘n doek geklee.
Die saak is by die Somerset-Wes-polisie aangemeld waarna dit na Khayelitsha-GKS vir verdere ondersoek oorgeplaas is.
Swartbooi sê voorlopige ondersoek dui dasarop aan Ivakele moontlik in Pietermaritzburg in KZN kan wees.
Enigiemand met inligting oor waar Ivakele is, kan speur.sers. Asanda Hlana by 082 301 8553 en lt.kol. Denver Kamalie by 082 334 8370 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



