Kind se verkragting en MIV-diagnose lei tot meer as lewenslange tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Nadat ‘n kind op die ouderdom van (7) deur ‘n man van haar familie (42) verkrag en boonop met MIV geïnfekteer is, het die hof hom lewenslank vir verkragting en nog 10 jaar vir poging tot moord in die Kaapstadse streekhof gevonnis.

Eric Natbazalila sê die man van Du Noon is ‘n familielid van die minderjarige slagoffer wat van sy eie MIV- positiewe status bewus was.

Hy is ‘n vonnis van lewenslank vir verkragting en ‘n direkte vonnis van 10 jaar vir die poging tot moord opgelê.. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Sy naam sal in die nasionale register vir seksuele misdadigers aangeteken word. Hy word ook verbied om met kwesbare groepe te werk en mag nie aansoek doen om ‘n kind aan te neem of om ‘n pleegouer te wees nie. Indien hy dit wil doen, moet hy sy volle vonnis verklaar. Toekomstige werkgewers moet ook van die vonnis ingelig word. Weerhouding van sodanige inligting is wetlik met direkte tronkstraf of ‘n boete strafbaar. Die beskuldigde mag ook nie aansoek doen om ‘n vuurwapen te besit nie.

Die staat weerhou die beskuldigde se naam om die identifisering van die slagoffer en sekondêre viktimisering te keer.

Ruwayda Badrudeen, aanklaer van seksuele misdrywe, het aan die hof voorgehou die beskuldigde het die 7-jarige verkrag terwyl sy op ‘n bank gelê en TV kyk het. Sy het hom as ‘n oom gesien en het niemand vertel nie.

Nadat die slgoffer weke later olik gevoel het, is sy na ‘n plaaslike kliniek geneem waar bevind is sy het ‘n seksueel oordraagbare siekte. Haar MIV-toetsing was aanvanklik negatief, maar met verdere toetse weke later op die dokter se versoek het sy positief getoets. Sy het egter steeds nie vertel wat met haar gebeur het nie.

Sers. Luvuyo Simphiwe Goya, die ondersoekbeampte van Milnerton-GKS, het een oggend die slagoffer se ouma na die kind se skool geneem en toe sy by die motor kom, het die sersant weer gevra wat gebeur het, waarna sy van die verkragting vertel het.

Die polisie het die beskuldigde op 7 September 2016 in hegtenis geneem en vir verkragting aangekla. DNA-bewyse kon as gevolg van die tydsverloop van 72 uur nie geneem word nie. Hy het aan sy prokureur voorgehou dat hy homoseksueel is en kon dus nie die kind verkrag het nie. Hy het voorts gesê hy sal skuldig pleit indien die staat kan bewys die kind se MIV-stam is dieselfde as syne.

Die aanklaer het kontak met dr. Koresman, ‘n forensiese viroloog by Groote Schuur-hospitaal, gemaak waar bloed ontleed is. Nog bloed is by Tygerberg-hospitaal ontleed. Die resultate was positief.

Die beskuldigde, wat vir borg aansoek gedoen het, was in huisarres geplaas en het by sy broer gaan bly. By sy broer het hy glo dié se dogter (9) ook verkrag, waarvoor hy op 6 November in die Kaapstad-streekshof sal verskyn.

Die slagoffer in die saak het gesukkel om te getuig, maar sy is deur ‘n hofvoorbereidingsbempte gehelp om oor haar ondervinding te praat.

“In her Victim Impact Statement, the now 14-year-old says she always cries at night as she has a wound she knows will never heal. He did not only rape me, but he also infected me with HIV, and I must drink tablets every night. My life will not be the same again and I will not forget what happened.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel