Tweejarige glo met kussing versmoor

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tweejarige kleuter is Saterdag omstreeks 11:00 glo deur sy ma (20) in Pietermaritzburg in KZN versmoor.

Lt.kol. Nqobile Gwala sê die verdagte, wat na bewering die kleuter met ‘n kussing versmoor het, is in hegtenis geneem en van moord aangekla.

Sy sal na verwagting in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

Die verdagte het, nadat sy glo die misdaad gepleeg het, by ‘n verbyganger gebieg en gevra die polisie moet ontbied word.

Volgens ander nuuspublikasies is die ma van die kleuter nog ‘n tiener.

Bron: SAPD, Citizen en Krugersdorp News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel