WES-KAAP. – Vasti le Roux (34) ‘n haarkapper van die Paarl, het Saterdag gesterf toe sy deur ‘n rivier van ‘n bruggie af meegesleur is.
Die WSAR sê ‘n groep van 15 persone, waarvan die oorledene deel was, het Saterdagoggend ‘n staproete na Arangieskop-hut aangepak. Ongeveer een kilometer verder het hulle ‘n kleinerige beesroosterbrug oorgesteek. Dit het die vorige nag nog gereën en die groep moes vyf kilometer verder terugdraai, aangesien die rivier opgestoot het. Die groep is weer met die roete af terug en met die oorsteek van die bruggie het die water Vasti meegesleur.
‘n Persoon in die groep het dadelik beweeg tot waar selfoonsein beskikbaar was en het hulp ontbied. Die groep wat vir hulp gewag het, het op die rivierbank na Vasti gesoek.
Met reddingsbeamptes op die toneel is ‘n tousisteem oor die rivier opgestel. Die groep is van hulpmiddele voorsien om warm en droog te bly.
‘n Hommeltuig van die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand is gebruik om Vasti se liggaam op te spoor, waarna sy deur die polisie se duik-en-watereenheid uit die rivier gehaal is.
Nadat die water omstreeks 16:00 gesak het, kon die gestrande stappers die rivier oorsteek.
Franco le Roux, Vasti se broer, het die volgende plasings gemaak:
I would like to thank the rescue team for attending to the situation as promptly as possible. Your hard and extremely difficult work deserves loads of praise! We appreciate your attempt in saving my sister
Unfortunately the conditions were not favorable. Just wished that I could have been there for her the way she has always been there for me!
Respect ![]()
My sussie, my steunpilaar, my hiking buddy, my staatmaker, my laat nag oproep. Jy was altyd daar vir my!
Die rimpels wat jy agterlos, sal vir ewig met ons sit! Die hoeveelheid vriende wat jy geraak het en in hoeveel mense se harte jy geklim het, los ons verstom!
Jou glimlag, afvontuurlustige, vriendelike persoonlikheid los ‘n stempel in elkeen van ons harte!
Jou liefde vir die natuurskoon, sonsopkoms en sonsondergangs, troeteldiere en kleinste blommetjies sal altyd ons oë oopmaak en die kleiner dinge in die lewe laat waardeer!
Jy was ‘n rolmodel vir ons almal, ‘n positiewe voorbeeld waarna ons kan strewe!
Ons weet vir seker dat jy oorgetree het na jou nuwe lewe, om by jou hemelse bruidegom, Jesus, aan te sluit!
Daar is ‘n groot leemte in ons harte, maar ons sal weer ontmoet!
Baie dankie vir AL jou liefde, omgee en ondersteuding.
Jy sal vir ewig en altyd my beeldskone sussie wees!
Lief jou en mis jou ontsettend baie.

Foto: Brent Jennings
Bron: WSAR, Franco le Roux
#vastiVasti l Professional Mobile Hairstylist
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



