Twee dood toe vragmotor en motor reg van voor bots

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Twee persone is Vrydag dood en nog een beseer in ‘n ongeluk reg van voor tussen ‘n vragmotor en motor op die R556 Rosslynpad in die noorde van Pretoria.

HEMS (Hartbeespoort Emergency Medical Services) en Station 21 Fire and Rescue het op die toneel twee oorledenes en nog ‘n persoon wat matig tot ernstig beseer was, aangetref.

Die beseerde is op die toneel behandel en daarna vir verdere mediese hulp na’n hospitaal op Brits geneem.

Bron: HEMS

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel