NOORD-KAAP. – Die liggaam van ‘n pasgebore baba is Maandag gevind toe ‘n vark in Motswedimosa, Ritchie met ‘n voorwerp in sy bek gesien is.
Sers. Molefi Shemane sê by nadere ondersoek is gevind dis ‘n pasgebore baba se liggaam wat nog ‘n naelstring aangehad het.
‘n Vlak graf waarin die baba se liggaam was, is ook ontdek. Die polisie en nooddienste wad op die toneel.
‘n Nadoodse ondersoek sal bepaal wat die oorsaak van die baba se dood was.
Die Modderivier-polisie ondersoek ‘n saak van verberging van geboorte.
Enigiemand met inligting van die misdaad kan speur.konst. Abigail Morgan by 064 133 0314 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



