President Cyril Ramaphosa het die Springbokke wat die Engelse in die semi-finaal van die Wêreldbekerrugby met 16-15 geklop het na middernag Sondagoggend gelukgewens.
Hierdie oorwinning plaas die Springbokke in die finaal vir die Wêreldbeker teenoor Nieu-Seeland op 28 Oktober om 21:00 in Stade de France in Saint-Denis.
Die president het die Springbokke se oorwinning in Kaïro gevier waar hy op uitnodiging by die vredesberaad was.
Foto’s by die gelukwensing spreek van vreugde in die oomblik.
“Congratulations to our heroic Springboks on a hard-won Rugby World Cup 2023 semi-final at Stade de France, Paris. Now our nation can focus our hearts and flags on our second successive Rugby World Cup Final in as many tournaments. We are indeed stronger – and victorious – together.”
Bron: President Cyril Ramaphosa en SA Government
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



