Altesaam 27 Ethiopiërs van ‘mensehandel’ gered

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Altesaam 27 Ethiopiese mans is Saterdagoggend gered uit ‘n huis in Edenvale waar hulle glo gevange gehou was.

Supt. Xolani Fihla, woordvoerder vir JMPD, sê lede het ‘n wenk ontvang van onwettige immigrante wat na bewering teen hul wil in Edenvale aangehou word.

By die geïdentifiseerde perseel is ongeveer 30 mans wat glo deur mensehandel die land binnegekom het, gevind. Tydens gesprekvoering het die mans uit die kamer begin hardloop. Beamptes kon 27 van hulle keer.

Die Endevale-polisie, die Valke en beamptes van Binnelandse Sake is na die toneel ontbied waarna die mans na die polisiestasie geneem is. Hulle sal terug na Ethiopië gedeporteer word.

Bron: JMPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel