Lees ook: Verdagtes in verkoop van ‘daggamuffins’ bly in aanhouding
SOSHANGUVE. – Die drie verdagtes in die sogenaamde daggamuffinsaak is borg geweier na hulle in die Soshanguve-landdroshof verskyn het op 43 aanklagtes van poging tot moord.
Amukelani Nyulunga (19), Ofentse Maluleka (21), en Katlego Matlala (29) word op 43 aanklagtes van poging tot moord aangekla ná minstens 90 leerlinge verlede maand in die hospitaal was na hulle daggamuffins geëet het.
Die verdagtes het glo die kinders gedwing om die muffins te eet en het glo die kinders aangerand as hulle geweier het om die muffins te eet.
Bronne: eNCA, Jacaranda FM, SowetanLIVE
Lees ook: Verdagtes in verkoop van ‘daggamuffins’ bly in aanhouding



