LEES OOK: Parlement se rykste amptenaar verdien meer as Ramaphosa
Adv. Kholeka Gcaleka is die nuwe openbare beskermer van Suid-Afrika. Die Nasionale Vergadering het Donderdag die permanente aanstelling van die waarnemende openbare beskermer met die vereiste 60% stemme goedgekeur.
Daar was 244 stemme ten gunste van haar as die nuwe openbare beskermer.
Geen lede van die DA, EFF, UDM, ATM, COPE of PAC het aan die stemming deelgeneem nie. Die UDM, COPE en PAC was afwesig.
Die stemming het tydens ‘n spesiale sitting van die Nasionale Vergadering in die Kaapstadse stadsaal plaasgevind. Dit is dieselfde plek waar die wetgewer, in ‘n geskiedkundige stemming, adv. Busisiwe Mkhwebane op 11 September uitgesit het nadat ‘n vervolgingsondersoek haar aan wangedrag en onbevoegdheid skuldig bevind het. Mkhwebane was die eerste hoof van ‘n hoofstuk 9-instelling wat verwyder is. As sy nie verwyder was nie, sou haar termyn op 14 Oktober geëindig het.
#Parlement #Gcaleka #OpenbareBeskermer #Afrikaans #Nuus



