NOORD-KAAP. – Onwettige sigarette en tabakprodukte met ‘n straatwaarde van ongeveer R10 miljoen wat in Memorialstraat in Kimberley geberg was, is onderskep nog voordat daarmee handel gedryf kon word.
Kol. Cherelle Ehlers sê nadat inligting ontvang is, het verskeie eenhede die bergingsfasiliteit deursoek.
Drie bergingshouers is tydens die operasie geïdentifiseer en deursoek waarna 764 bokse onwettige sigarette en 53 bokse met geursels vir hookahpype gevind is.
Ehlers sê die produkte is veilig geberg. Bloemfontein-doeane word vandag in Kimberley verwag om die produkte te verifieer.
Geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



