In ‘n TikTok-video wat op die profiel @Iwa_ziii gedeel word, is ‘n jong Springbok-rugbyondersteuner in vervoering oor wat soos “Elizabeth” klink, oftewel Eben Etzebeth.
Sy opgewondenheid ken geen perke nie wanneer hy uitbundig uiting aan sy blydskap gee toe Eben Etzebeth oor die doellyn seil en ‘n drie druk.
Met die deel van die video van “Elizabedi?” word daar gesê die jong man sou graag die finaal van die Wêreldbeker wou bywoon om Etzebeth te sien.
Daar is bykans 500 keer kommentaar op die video gelewer en dit word op sosiale media versprei.
“Pov: He’d really love to go to the finals to see Eben, lets tag @Rugby World Cup , @Springboks.rugby and @Eben Etzebeth till they see this 😭😭😭 #SAMA28 #lwazizulu #worldcup #RSA #springboksrugby #fyp #viral #rwc2023“
Bron: Tik Tok @Iwa_Ziii
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



