Vrou in haar motor ontvoer

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: KYK: Hospitaal in Gaza aangeval, honderde dood

KWANDENGEZI, PINETOWN. – ’n Vrou is Maandag in die KwaNdengezi-omgewing ten spyte van ’n vlak 6-weerwaarskuwing vir swaar reën in haar motor gedwing en ontvoer.

Die vrou (27) was glo by haar huis toe drie gewapende verdagtes haar genader en gedwing het om in haar motor te klim. Hulle het met haar in die rigting van uMlazi gery. ‘n Motoropsporingstoestel is geaktiveer, waarna ‘n hoëspoedjaagtog in spitsverkeer tussen ‘n opsporingspan en die gekaapte voertuig op die Mangosuthu-snelweg gevolg het.

Die ontvoerders het die voertuig op die dak van die parkeerarea van die KwaMnyandu-winkelsentrum gelos en gevlug. Die getraumatiseerde vrou kon na die naaste polisiestasie ry vir hulp.

’n Saak van kaping en ontvoering word deur die polisie ondersoek.

Bronne: IOL, VN Explorer, The Africa

Lees ook: KYK: Hospitaal in Gaza aangeval, honderde dood