Man van Reaction Unit South Africa sterf na voertuig hom stamp

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Themba Sibiya (30), ‘n lid van Reation Unit South Africa, is Maandagoggend dood nadat hy op die M25 in Inanda deur ‘n Toyota Fortuner gestamp is.

Reaction Unit South Africa sê hulle paramedici is om 07:39 na die toneel ontbied. Sibyia is met aankoms dood verklaar.

Hy het lewensbedreigende beserings opgedoen toe hy deur ‘n Toyota Fortuner gestamp is, terwyl hy die pad oorgesteek het.

Die bestuurder van die voertuig is nie beseer nie.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel