LIMPOPO. – ‘n Pa (58) is Dinsdagmiddag by sy huis in Leewfontein in Motetema met ‘n graaf doodgekap. Die seun (28) is daarna in hegtenis geneem.
Kol. Malesela Ledwaba sê die pa en seun was besig met konstruksiewerk op hul werf toe hulle begin argumenteer het. Die seun het glo ‘n graaf gegryp en sy pa daarmee doodgekap.
Nooddienste en die polisie wat ontbied is, het die man in ‘n plas bloed aangetref. Hy is dood verklaar. Die verdagte is kort na die voorval deur die polisie op die toneel in hegtenis geneem.
Omstandighede van die moord word deur die polisie ondersoek.
Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Motetema-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



