Lees ook: KYK: Hospitaal in Gaza aangeval, honderde dood
ROODEPOORT. – Twee City Power-tegnici is Maandag beroof terwyl hulle in Discovery in Roodepoort gewerk het.
Twee mans in ’n wit Datsun Go het die twee vroulike tegnici beroof.
Die City Power-woordvoerder het gesê die twee vroue is getraumatiseer deur die voorval en daar is gereël dat hulle berading ontvang. Hy het ook gesê die aanvalle op City Power-werkers is onaanvaarbaar en sal nie geduld word nie.
City Power het gesê hulle sal nie huiwer om hulle spanne te onttrek as hulle in gevaar is nie, wat hulle diens sleg sal beïnvloed.
Bronne: IOL, TimesLIVE, The Citizen



