Hamas-leier dood in lugaanvalle

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Oorlog tusen Israel en Hamas eis duisende

KHAN YOUNIS, GAZA. – Hamas se hoof van intelligensie is dood na ’n lugaanval op sy huis in Khan Younis. Israel het ook bekend gemaak verskeie ander teikens is in die gebied getref.

Duisende Palestyne het gevlug sedert Israel Vrydag ’n waarskuwing gerig het dat die Gaza-omgewing ontruim moet word sodat hulle ’n grondaanval kan begin.

Israel het Gaza gewaarsku dit gaan “van die lug, land en see aanval”. Minstens 2 778 Palestyne is in Gaza dood en 9 700 is gewond. Minstens 1 400 Israeli’s het omgekom en 199 mense is gyselaar geneem deur Hamas en Palestynse militante.

Bronne: The Sun, NDTV, Times of India

Lees ook: Oorlog tusen Israel en Hamas eis duisende