Lees ook: Nigeriërs in hegtenis wat glo polisiebeamptes wou vermoor
BRACKENFELL. – Die regspan van EFF-lid Luvuyo Ntakana, wat in 2020 buite Hoërskool Brackenfell aangerand is, het twee mense gedagvaar vir sy beweerde aanranding.
Dante van Wyk en Jaco Pretorius het glo in ’n vuisgeveg met Ntkana betrokke geraak tydens ’n betoging buite die skool na bewerings dat slegs wit leerlinge na ’n matriekafskeid genooi is.
Die twee mans is in hegtenis geneem. Van Wyk is vrygespreek op die aanklagtes terwyl Pretorius skuldig bevind is en ’n boete van R2 000 moes betaal.
Ntakana se regspan het gesê hy is getraumatiseer deur die voorval en eis skadevergoeding van R4 miljoen. Pretorius en Van Wyk het 20 dae om te reageer.
Bronne: IOL, Iscaninfo, Pressreader
Lees ook: Nigeriërs in hegtenis wat glo polisiebeamptes wou vermoor



