Sokkeraanhangers doodgeskiet in België in beweerde terroristeaanval

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: EFF-lid dagvaar oor ‘aanranding’ in Brackenfell

BRUSSELS, BELGIЁ. – Twee Sweedse sokkeraanhangers is gisteraand in Brussels in ’n beweerde terroristeaanval doodgeskiet.

Die verdagte, wat vanoggend in hegtenis geneem is, is glo van Tunisië en bly onwettig in België. Die wapen wat in die aanval gebruik is, is ook gekry.

Die man het ’n groot vuurwapen te voorskyn gebring en op mense in die straat begin skiet terwyl hy op ’n bromponie gery het. Hy het drie van hulle by ’n gebou ingejaag, waar hy twee doodgeskiet het. Die derde slagoffer is met ernstige beserings in die hospitaal. Die slagoffers was sokkeraanhangers op pad na ’n partytjie om die wedstryd te vier. Die adjunkminister, Alexander De Croo, het die skietery as ’n “terroristeaanval” beskryf.

Die verdagte (45) het ’n video aanlyn geplaas waarin hy gesê het hy het die mense doodgemaak en die Koran is vir hom “’n rooi lyn waarvoor hy gereed is om homself op te offer”.

Bronne: Euronews, DW – South Africa, Bloomberg

Lees ook: EFF-lid dagvaar oor ‘aanranding’ in Brackenfell