Lees ook: Suid-Afrikaners in Gaza kan nie nou ontruim word nie – Dirco
DALLAS, TEXAS. – ’n Man het Saterdagaand drie mense by ’n fees in Dallas, Texas, geskiet en duisende op hol gejaag.
Cameron Turner (22) is in hegtenis geneem na hy op verskeie mense by die fees geskiet het. Drie mense is beseer, maar is stabiel. ’n Vuurwapen is op die toneel gevind.
Turner het vir die polisie gesê hy was besig om iets te kry om te drink toe ’n groep mense hom nader. Hy het gesê hy het “onveilig gevoel” en het uit “selfverdediging” op hulle geskiet.
Verskeie video’s van die voorval is op sosiale media versprei.
Bronne: The New York Post, Dallas News, All Sides, Instagram
Lees ook: Suid-Afrikaners in Gaza kan nie nou ontruim word nie – Dirco



