OOS-KAAP. – ‘n Volwasse gestrande bottelneusdolfyn is Saterdagmiddag in Sardiniëbaai, waar hy in vlak branders gestrand geraak het, met spanwerk gered en weer vrygelaat.
Kevin Warren, woordvoerder vir die NSRI in Gqeberha, sê Stasie 6 is geaktiveer om Bayworld by te staan.
Gemeenskapslede wat op die gestrande dolfyn afgekom het, het Bayworld en NMB Marine Animal Stranding Network van die lewendige dolfyn in ‘n penarie in kennis gestel.
Rescue 6 Alpha reddingstuig is voorberei om te lanseer terwyl nog NSRI lede reageer het.
Die dolfyn het in goeie gesondheid verkeer en is op ‘n gespesialiseerde mariene dieredraagbaar gelaai en van daar op ‘n Bayworld-voertuig, waarna dit in die sorg van mariene wetenskaplikes na die NSRI- Gqeberha reddingstasie vervoer is. Van hier is die dolfyn op ‘n Rescue 6 Alpha-reddingstuig oorgeplaas. Hy is vyf seemyl van die land in Algoabaai in rowwe seestoestande vrygelaat.
Die dolfyn het vermoedelik tydens ‘n konfrontasie met ‘n haai geringe beserings opgedoen.
“The dolphin appeared to swim away strongly after surfacing once for a breath.”
‘n Bayworld mariene wetenskaplike is versigtig optimisties vir die oorlewing van die dolfyn wat in goeie gesondheid blyk te wees.

Foto: NSRI
Bron: NSRI
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



