Eienaar van honde wat in voertuig doodgaan toe hy gaan drink, gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie!

VRYSTAAT. – Marco Terblanche is Vrydag gevonnis na hy op 10 Oktober 2021 gaan drink en sy twee worshonde in die hitte van 35 grade Celsius in sy voertuig in Charlesstraat 64, Bloemfontein, by die ou munisipale biblioteek gelos het. Die honde is daarna dood.

Werner Botha, inspekteur vir die DBV in Bloemfontein, sê Terblanche het besope geraak en vergeet waar hy parkeer het.

Botha is op 15 Oktober ontbied oor twee worshonde wat in ‘n voertuig toegesluit is. Hy het by die gemeenskap gehoor die honde is sedert 10 Oktober in die voertuig vasgekeer. Die honde was reeds dood. Kliniese evaluasie het bevind hulle is weens dehidrasie en hitte dood.

Die inspekteur het ‘n saak van dieremishandeling oopgemaak, waarna Terblanche op vyf klagtes van die wet op dierebeskerming, Wet 71 van 1962, skuldig bevind is. Die hof het verder beslis hy mag nooit weer in sy lewe ‘n dier besit of in beheer van ‘n dier wees nie.

Terblanche is tot 36 maande korrektiewe toesig en ses maande gevangenisstraf, opgeskort, gevonnis, op voorwaarde alle aspekte van die korrektiewe toesig word nagekom. Hy moet ook 300 uur gemeenskapsdiens by Bloemfontein-DBV doen.

“I feel relieved that after all this time justice has finally been served for those two dogs. I vividly remember the paw prints and scratches against the windows as they tried to escape. The dogs tried to find shelter out of the 35-degree heat by hiding behind a TV and a portrait to find some relief from the direct sunlight. I can’t think of a crueler way to die, than by being trapped in a warm car without food and water with no way to escape. Slowly dying after five days must be terrifying.” sê inspekteur Werner Botha.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel