GAUTENG. – Twee persone het gister gesterf toe ‘n ligte vliegtuig by die vliegveld in Springs aan die Oos-Rand geval het.
Die vlieënier van die ligte vliegtuig en die passasier het in die ongeluk gesterf.
EAA 322 Johannesburg het medelye met die vlieënier se familie en vriende uitgepreek: “RIP Fanie Bezuidenhout. Condolences to family and friends after your untimely passing yesterday. An amazing person, aviator and member of EAA. We treasure all the good laughs and chatter we had at Tempe 2 weekends ago.”
Medelye aan ‘n hoogs gerespekteerde en ervare vlieënier se geliefdes is ook op FlyAfrica uitgespreek.
Bronne: Yusuf Abramjee, Intelligence Bureau SA, FlyAfrica, EAA 322 Johannesburg, Mary-anne Rautenbach
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



