KWAZULU-NATAL. – ‘n Handelaar in tweedehandse goedere (74) is Vrydag vir die beweerde onwettige besit van ongelisensieerde vuurwapens in hegtenis geneem nadat ‘n lasbrief vir die deursoeking van sy besigheidsperseel uitgevoer is.
Die polisie sê ‘n haelgeweer en nog twee gewere is glo versteek binne-in ‘n potspeltafel op die perseel gevind.
Nadat die man nie wettige lisensies vir die vuurwapens kon toon nie, is hy in hegtenis geneem en vir die onwettige besit van vuurwapens ter waarde van ongeveer R10 000 aangehou.
Die verdagte sal na verwagting môre in die Port Alfred-laddroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



