Babadogter dood deur ma aangetref

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Babadogter van twee maande oud is Saterdagoggend by haar ouma (52) se huis in Parkgate, dood aangetref.

Reaction Unit South Africa sê die ouma vertel sy het steeds 01:00 met die baba gespeel.

Sy het Saterdagoggend opgestaan en glo gedink die baba slaap nog. Haar skoondogter het die kind leweloos aangetref toe sy van nagskof gekom het.

Hulp is van Reaction Unit South Africa se beheersentrum gevra.

Omstandighede wat tot die dood van die baba kon lei, is onbekend.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel