Voormalige munisipale bestuurder op aanklagtes van R150 miljoen in hof

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Henny Smit (70) van Gauteng en die voormalige munispale bestuurder van Mahikeng- plaaslike munisipalieit is op 10 Oktober in hegtenis geneem. Hy het op klagtes van die beweerde onregmatige verkoop van munisipale grond en die ignoreer van die mededingende tenderproses in die Molopo-landdroshof verskyn, waarna hy op R150 000 borg vrygelaat is.

Henry Mamothame van die NVG en lt.kol. Tinyiko Mathebula van die Valke sê in ‘n gesamentlike verklaring die saak is tot 8 Desember vir inhegtenisneming van meer verdagtes uitgestel.

Smit het borg ontvang op voorwaarde dat hy nie met staatsgetuienisse inmeng nie en moet die ondersoekbeampte in sy saak in kennis stel wanneer hy Gauteng se grense verlaat.

Na bewering het Smit op 31 Oktober 2007 aan ‘n maatskappy ingestem om grond wat aan die munisipaliteit behoort, te verkoop. Die maatskappy het glo ‘n deposito van R5 miljoen betaal om die grond aan te koop.

Ondersoek het daarop gedui die maatskappy is glo in Desember 2011 gelikwideer sonder om uitstaande skuld wat aan die munisipaliteit verskuldig is, te betaal. Die maatskappy se bates is glo op ‘n veiling vir R16 miljoen aan ‘n ander maatskappy verkoop.

Na bewering het nuwe grondeienaars gedurende April 2012 die maatskappy se naam verander en tussen 2013 en 2015 is gedeeltes van die betrokke stuk grond aan vyf ander maatskappye en ‘n trust verkoop en aan hulle oorgedra.

Die Valke se ondersoek het die direkteure en aandeelhouers van hierdie maatskappye ontbloot met beweerde koppeling aan die maatskappy wat gelikwideer is en die onwettige verkryging van die grond om wins daaruit te maak.

‘n Verdere onwettige ooreenkoms is glo tydens die veiling-aankoop tussen die maatskappy en die Social Housing Regulatory Authority aangegaan om 2 400 eenhede met ‘n waarde van meer as R301 mijoen te bou.

Die Noordwes-departement van menslike nedersetting het verder glo ‘n bedrag van R54 miljoen vir die begin van die projek goedgekeur. Omdat hierdie nie in die departement se begroting was nie, kon die kontrak nie realiseer nie.

Die ondersoek het verder onthul ‘n bedrag van R550 000 is glo as dank aan een van die verdagtes betaal en is nagespoor vir die aankoop van ‘n huis vir die verdagte se dogter.

“The charges drawn from this alleged offence are fraud, theft, Contravention of Municipal Finance Management Act (MFMA), four of the Prevention and Combating of Corruption Activities Act (PRECCA), two of Corruption, money laundering, Contravention of the Public Finance Management Act (PMFA) about the loss by the Human Settlement department. More arrests are expected to be effected in this case, and investigations are completed.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel