Twee Suid-Afrikaners dood in Israel-Hamas oorlog

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel waarsku Gaza-inwoners om te ontruim

ISRAEL. – Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het gesê dit is in kennis gestel van twee Suid-Afrikaners wat in die oorlog tussen Israel en Hamas dood is.

Die oorlog het begin met Saterdag se verrassingsaanval op Israel deur Hamas.

Die departementele woordvoerder het gesê hulle is in kennis gestel van die twee Suid-Afrikaanse burgers wat dood is in die oorlog. Hulle identiteit word tans nagespeur. Een van die oorledenes het glo ’n Israeliese ID gehad, dus moet uitgevind word of die persoon ’n burger van beide Suid-Afrika en Israel was.

Die departement het hulle medelye met die slagoffers se families gedeel.

Bronne: EWN, The Citizen, ECR

Lees ook: Israel waarsku Gaza-inwoners om te ontruim