Lees ook: Israel waarsku Gaza-inwoners om te ontruim
GAZA. – Minstens 13 van die gyselaars wat Saterdag deur Hamas gevat is, het volgens die militante organisasie die afgelope 24 uur in Israel se lugaanvalle op Gaza omgekom.
Hamas het minstens 170 mense gyselaar geneem na hulle Israel Saterdag aangeval het. Hulle het vanoggend in ’n verklaring gesê 13 van die gyselaars is dood na vyf plekke deur Israel aangeval is.
Israel het die Gaza-strook aangeval waartydens meer as 1 500 persone omgekom het. Volgens Hamas is 500 kinders in die aanvalle dood.
Hamas het vroeër die week gesê enige aanvalle sonder waarskuwing sal veroorsaak dat die gyselaars doodgemaak word.
Bronne: EWN, Metro, Reuters



