VSA. – Tydens ‘n soektog is nóg oorblyfsels, vermoedelik van menslike oorsprong, en wrakstukke vier maande nadat die Titan-dompeltuig op 18 Junie ingeplof het, gevind. ‘n Spesiale diepduik avontuur is deur vyf persone op die noodlottige dag in die Titan in die Noord-Atlantiese Oseaan aangepak om na die gesonke Britse Titanic te gaankyk, maar hulle het nooit weer teruggekeer nie. In wat sy vernietigingstog was, het die tuig ingeplof en vyf passasiers aan boord is oorlede.
Hamish Harding, Shahzada Dawood en sy tienerseun Suleman, Paul-Henri Nargeole en Stockton Rush het gesterf.
Owerhede het Dinsdag gesê tydens die jongste missie is die wrakstukke van die ingeplofde tuig ongeveer 488 meter van die Titanic, wat in 1912 gesink het, gevind.
Oorblyfsels wat vermoedelik van menslike oorsprong is, is van die wrakstukke verwyder en na mediese deskundiges in die VSA vir die nodige ontleding geneem.
Die mariene owerhede sal steeds met hul ondersoek voortgaan met die oog op ‘n openbare verhoor.
Oceangate het intussen die bedryf verlaat.
Stockton Rush was die HUB van Oceangate en ook die operateur van die tuig wat ingeplof het. Verskeie bekommernisse oor die tuig is na bewering deur die HUB geïgnoreer, waarna betalende passasiers saam met hom ‘n waterdood op die oseaanbodem tegemoet gegaan het.
Bronne: The Mirror
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



