Markus Jooste moet opdok voor Steinhoff gelikwideer word

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Steinhoff word gelikwideer

Markus Jooste is beveel om onmiddellik sy R15 miljoen boete te betaal voor Steinhoff môre gelikwideer word. Die eienaarskap van Steinhoff sal van beleggers na hulle krediteure beweeg.

Jooste moet dadelik die R15 miljoen betaal en is vir 20 jaar verban van direkteurskap van enige besigheid wat op die JSE gelys is.

Jooste is twee boetes opgelê, in totaal R15 miljoen. Een boete is vir die opstel van balansstate wat die besigheid se rekeninge beter laat lyk het. Die ander boete is vir misleidende en vals finansiële state wat glo deur Jooste opgestel het.

Bronne: 702, Daily Maverick, Daily Investor

Lees ook: Steinhoff word gelikwideer