‘Ring of fire’ – sonsverduistering vind Saterdag in die Amerikas plaas

Deel hierdie storie / Share this story

VSA. – ‘n Ringvormige sonsverduistering vind Saterdag 14 Oktober plaas.

Die maan sal die son gedeeltelik blokkeer, wat ‘n ringvormige sonsverduistering gaan veroorsaak en dit soos ‘n kosmiese ring van vuur gaan laat vertoon.

Dit sal die sigbaarste wees vir die Amerikas van die gebied wat strek van Oregon na Texas in ‘n 200 kilometer wye ringvormige baan en sal oor verskeie state in die VSA, Mexiko, Sentraal-Amerika en Suid-Amerika strek. Sommiges sal dit slegs as ‘n gedeeltelike sonsverduistering kan sien.

“The famous ‘ring of fire’ will cross eight U.S. states from Oregon to Texas before moving across the Gulf of Mexico and over Mexico, Guatemala, Belize, Honduras, Nicaragua, Costa Rica, Panama, Colombia and Brazil,” sê Space.com.

Daar word gewaarsku dat mense nooit direk na die son moet kyk nie en van toestelle of hulpmiddels soos brille met spesiale lense gebruik moet maak.

Nasa-webbladsye kan vir meer inligting besoek word.

Bronne: NASA, Space.com, CNN en Reuters

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel