Dr. Nandipha Magudumana open aanrandingsaak

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Dr. Nandipha Magudumana, medebeskuldigde in die Thabo Bester-saak, het ‘n aanrandingsaak by Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein geopen.

Brig. Motantsi Makhele het bevestig die saak is geregistreer. Magudumana beweer sy was by korrektiewe dienste se aanhoudingsfasiliteit in Kroonsatad aangerand. Sy is volgens Makhele se bevestiging in die hospitaalvleuel van die aanhoudinsgsfasiliteit opgeneem.

Kroonstad-speurtak sal die saak ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel