VRYSTAAT. – ‘n Vrou (22) het vanoggend tydens ‘n vliegongeluk in Kroonstad gesterf.
Sers. Josephine Rani sê die oorledene was aan die stuur van die vliegtuig toe die ongeluk plaasgevind het.
Rani sê die jong vrou het omstreeks 06:00 met ‘n enkelsitplekvliegtuig waarmee gewasse gespuit word, opgestyg vir haar finale assessering om ‘n vlieënier vir hierdie tipe vliegtuig te word.
Die vliegtuig het ongeveer 1 km van die vliegveld af geval en ontplof.
Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



